Kolonisasie

Kolonisasie is 'n proses waardeur 'n sentrale stelsel van mag die omliggende grond en die dele daarvan oorheers.

Die term is afgelei van die Latynse woord colere, wat "om te bewoon" beteken.[1] Kolonisasie verwys net na migrasie, byvoorbeeld die setlaarkolonies in Amerika, Australië en Afrika, handelsposte en plantasies, terwyl kolonialisme daaroor handel, asook oor die oorheersing oor die inheemse bevolking van sogenaamde "nuwe grondgebiede".

Kolonisasie word verbind met die verspreiding van tientalle miljoene mense van Wes-Europese lande na oral oor die wêreld heen. In baie gevestigde kolonies het Wes-Europese setlaars die groot meerderheid van die bevolking uitgemaak. Voorbeelde hiervan is die Amerikas, Australië en Nieu-Seeland. Hierdie kolonies is soms "neo-Europa" genoem. In ander plekke het Wes-Europese setlaars die minderheidsgroepe uitgemaak, wat dikwels oorheersend was in die plekke waar hulle hul gevestig het.[2]

Toe Brittanje begin het om hulle in Australië, Nieu-Seeland en verskeie ander kleiner eilande te vestig, het hulle die landmassas as terra nullius beskou.[3] Terra nullius beteken "leë grond" in Latyn. Weens die gebrek aan Europese boerderytegnieke is die grond beskou as onveranderd deur mense en daar is gevolglik opgetree asof dit onbewoon is, ondanks die teenwoordigheid van inheemse bevolkings. In die 19de eeu het wette en idees soos Mexiko se Algemene Kolonisasiewet en die Verenigde State se Lotsbestemming-manifes die verdere kolonisasie van die Amerikas aangespoor.

  1. Marcy Rockman; James Steele (2003). The Colonization of Unfamiliar Landscapes. Routledge. ISBN 0-415-25606-2.
  2. Howe, Stephen (2002). Empire: A Very Short Introduction. United States: Oxford University Press. pp. 21–31.
  3. Painter, Joe; Jeffrey, Alex (2009). Political Geography. London, GBR: SAGE Publications Ltd. p. 169.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search